16. Julle moet julle was en julle skoonmaak,dit is wat julle moet doen.Julle moenie aanhou om slegte dinge te doen nie,julle moet ophou om verkeerd te doen.
17. Julle moet leer om goed te doen,julle moet reg doen aan ander mense.Julle moet die mense help wat swaarkry,julle moet seker maak dat mensereg doen aan weeskinders en weduwees.”
18. Die Here sê: “Kom ons praat met mekaar.Iets wat so rooi soos bloed is,kan nie wit word soos sneeu of wol nie.Mense wat groot sondaars is soos julle,kan nie rein word nie. Maar Ék sál julle rein maak.
19. As julle luister na My,dan sal dit goed gaan met julle hier in die land.
20. Maar as julle nie wil luister nie,dan sal die vyande julle doodmaak.”Dit is wat die Here gesê het.
21. Die Here het ook gesê:“Julle, die mense in hierdie stad, Jerusalem,het gedoen wat Ek wil hê.Julle het reg gedoen aan almal, julle was regverdig,maar julle het ontrou geword, julle is nou moordenaars.