Jesaja 1:13-16 Bybel vir Almal (ABA)

13. Die presente wat julle vir My bring, beteken niks,en die wierook ruik nie lekker vir My nie.Julle moet ophou om dit te offer.Julle vier feeste op die Nuwemaan-dag en die Sabbatdag,julle kom by die tempel bymekaar.Julle hou gewyde feesdaemaar dan doen julle slegte dinge.Ek hou nie daarvan nie.

14. Ek haat julle Nuwemaan-feeste en julle ander feeste.Hulle is vir My soos swaar goed wat Ek moet dra,en Ek is moeg om dit te dra.

15. Ek sal nie luister wanneer julle biden julle hande na My toe uitsteek nie.Ook wanneer julle baie bid,sal Ek nie luister nie,want julle is moordenaars.

16. Julle moet julle was en julle skoonmaak,dit is wat julle moet doen.Julle moenie aanhou om slegte dinge te doen nie,julle moet ophou om verkeerd te doen.

Jesaja 1