Jeremia 9:5-10 Bybel vir Almal (ABA)

5. Almal is vals en lieg vir mekaar. Hulle het geleer om aan te hou lieg, hulle kan nie ophou om verkeerd te doen nie.

6. Hulle hou aan om mense te verdruk en te bedrieg. Hulle wil My nie ken nie.”Dit het die Here gesê.

7. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Omdat hulle dit alles doen,sal Ek hulle straf.Dit sal wees soos wanneer iemandmetaal in vuur gooi en dit smelt.Ek kan nie anders met my volk doen nie.

8. Wat hulle sê, is soos pyle wat mensewil doodmaak.Hulle sê hulle wil vrede hê met mekaar,maar hulle is vals,hulle wag net vir die regte tydom mekaar te laat swaarkry.

9. Daarom moet Ek hulle straf,dit is reg dat Ek hierdie volk straf.”Dit het die Here gesê.

10. Ek, Jeremia, sal huil op die bergeen in die weivelde,ek sal treur en ’n klaaglied sing,want die berge en die weivelde is verwoes.Niemand kom daar nie,daar is nie skape of bokke nie,en al die voëls en die wilde diere is weg.

Jeremia 9