Jeremia 9:24-25-26 Bybel vir Almal (ABA)

24. Maar as iemand wil spog,dan moet hy hieroor spog:dat hy My, die Here, ken en dat hy weetEk doen wat Ek belowe het.Ek doen reg en Ek is goedvir al die mense op die aarde.Ja, dit is waarvan Ek hou.”

25-26. Die Here sê: “Eendag sal Ek almal straf wat besny is: die mense van Egipte en Juda en Edom, die Ammoniete, die mense van Moab en die mense wat in die woestyn woon en wat die kante van hulle koppe kaal skeer. Hulle is besny maar hulle dien My nie, en die hele volk Israel wat besny is, dien My ook nie.”

Jeremia 9