Jeremia 9:15-19 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê:“Omdat hierdie volk dit gedoen het,laat Ek hulle swaarkry en sterf.Dit sal wees soos wanneer mense wilde-als geëet en gif gedrink het.

16. Ek sal hulle na al die kante toe jaagtussen ander volke in,volke wat hulle en hulle voorvadersnie geken het nie.Ek sal vyande stuur om hulle dood te maaktotdat hulle almal dood is.”

17. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Roep die huilvroue.Laat kom die vroue wat weet hoe om te treur.”

18. En die volk het gesê:“Die vroue moet gou maaken hulle moet oor ons kom treur,sodat ons oë ook vol trane kan worden ons saam kan huil.”

19. Ons hoor hoe huil die mense in Sion.Hulle sê:“Die vyande het ons weggejaagen ons het alles verloor,ons moet weggaan uit die land,want hulle het ons huise afgebreek.”

Jeremia 9