Jeremia 9:11-13 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Here sê:“Ek sal Jerusalem verwoes,dit sal net hope klippe wees,en daar sal jakkalse woon.Ek sal die mense wegvatuit die stede van Juda,niemand sal daar woon nie.”

12. Ek, Jeremia, het gevra:“Waar is ’n wyse mens wat dit kan verstaan?Met wie het die Here gepraat?Wie kan vir ons sê hoekom dit gebeur het?Hoekom is die land verwoes?Hoekom het dit soos ’n woestyn gewordwaar niemand verbygaan nie?”

13. En die Here het gesê:“Dit het gebeur omdat die mensevan Juda en Jerusalemnie gedoen het wat Ek wil hê nieen omdat hulle nie gehoorsaam wasaan My nie.Hulle het nie gelewe soos Ek wil hê nie,

Jeremia 9