Jeremia 9:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek wens my kop was vol water,en my oë fonteine vol trane.Dan het ek elke dag en nag aangehou huiloor my volk se mannewat in die oorlog gesterf het.

2. Ek wens iemand gee vir my ’n herberg in die woestyn,dan sal ek daarnatoe gaan, weg van my volk,want hulle is almal mense wat afgode dien,hulle is almal ontrou aan die Here.

3. Die Here sê: “Hulle maak mense seer met wat hulle sê, soos pyle uit ’n boog mense seermaak. Hulle word sterk in die land, maar hulle is baie vals, hulle dien nie hulle God nie. Hulle hou aan om slegte dinge te doen, meer en meer, hulle maak of hulle My nie ken nie.

4. Hulle moet oppas vir mekaar, hulle kan mekaar nie glo nie, want almal bedrieg mekaar en praat sleg van mekaar.

25-26. Die Here sê: “Eendag sal Ek almal straf wat besny is: die mense van Egipte en Juda en Edom, die Ammoniete, die mense van Moab en die mense wat in die woestyn woon en wat die kante van hulle koppe kaal skeer. Hulle is besny maar hulle dien My nie, en die hele volk Israel wat besny is, dien My ook nie.”

Jeremia 9