41. Kyk, daar kom ’n volk uit die noorde,’n groot volk,daar kom baie konings van oral op die aarde.
42. Elkeen het ’n pyl en boog en ’n spies,hulle is wreed,hulle is vir niemand jammer nie.Wanneer hulle skree,dan raas dit soos die see.Hulle ry op perde,en hulle is gereed om oorlog te maakteen julle, mense van Babel.
43. Wanneer die koning van Babelhoor dat sy vyande kom,dan word sy hande pap,hy word bang, hy kry seersoos ’n vrou wat ’n baba kry.