Jeremia 49:8-11 Bybel vir Almal (ABA)

8. Mense wat in Dedan woon,julle moet vlug,julle moet omdraai en diep wegkruip,want Ek sal dit sleg laat gaanmet die nageslag van Esau.Die tyd het gekom wanneer Ekhulle sal straf.

9. Wanneer ander mense julle druiwe kom pluk,dan laat hulle party druiwetrosse oorbly.Wanneer diewe in die nag kom,dan steel hulle totdat hulle genoeg het.

10. Maar Ek het self alles weggevatuit die land van Esau,Ek het die plekke oopgemaakwaar hulle wou wegkruip,hulle kan hulleself nie meer wegsteek nie.Esau het nie meer ’n nageslagof broers of bure nie,en hy lewe self nie meer nie.

11. Hulle kinders het nie pa’s nie,Ek sal vir hulle sorg,hulle weduwees moet weetdat Ek hulle sal help.”

Jeremia 49