9. Het julle die slegte dinge vergeet wat julle voorvaders en die konings van Juda en hulle vroue gedoen het in die land Juda en op die strate van Jerusalem? Julle en julle vroue het dit ook gedoen.
10. Julle is tot vandag toe nie jammer daaroor nie, julle was nie bang nie. Julle het nie gedoen wat Ek vir julle voorvaders en vir julle gesê het nie.
11. Daarom sê Ek, die Here wat oor alles regeer, die God van Israel: Ek besluit nou dat Ek julle sal straf en dat Ek die hele Juda sal laat sterf.
12. Die Judeërs wat oorgebly het, sal almal sterf in Egipte, almal wat besluit het om na Egipte te gaan en daar vreemdelinge te wees. Vyande sal hulle doodmaak en hulle sal sterf van honger. Vyande sal almal doodmaak, onbelangrike en belangrike mense, en hulle sal sterf van honger. Mense sal hulle name gebruik om ander mense te vervloek en bang te maak en te beledig en te spot.