7. En nou sê die Here, die God wat oor alles regeer, die God van Israel: Hoekom doen julle hierdie ding wat baie sleg sal wees vir julleself? Julle sal al die mans en vroue en kinders van Juda laat sterf, en daar sal niemand oorbly nie.
8. Julle maak My kwaad wanneer julle dit doen. Julle wil in die land Egipte gaan woon en julle wil daar vreemdelinge wees. Julle wil daar vir ander gode wierook-offers bring. Julle sal sterf. Wanneer mense ander mense wil vervloek en spot, dan sal hulle júlle naam gebruik.
9. Het julle die slegte dinge vergeet wat julle voorvaders en die konings van Juda en hulle vroue gedoen het in die land Juda en op die strate van Jerusalem? Julle en julle vroue het dit ook gedoen.
10. Julle is tot vandag toe nie jammer daaroor nie, julle was nie bang nie. Julle het nie gedoen wat Ek vir julle voorvaders en vir julle gesê het nie.