11. Hy sal kom en hy sal die mense van Egipte aanval. Party van hulle sal sterf van pes, hy sal party van hulle vang en wegvat, hy sal party van hulle doodmaak.
12. En Ek sal ’n vuur aansteek in die tempels van die gode van Egipte. Nebukadnesar sal die tempels verbrand en hy sal die gode wegvat. Hy sal die mense van Egipte vang soos ’n skaapwagter luise in sy klere vang, en hy sal weggaan, niemand sal hom keer nie.
13. Nebukadnesar sal die klip-pale van die stad Bet-Semes in Egipte breek, en hy sal die tempels van die gode van Egipte verbrand.”