Jeremia 42:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Al die offisiere en Joganan en Jesanja seun van Hosaja en al die ander mense, onbelangrike en belangrike mense, het na die profeet Jeremia toe gekom

2. en hulle het vir hom gesê: “Ons vra asseblief, jy moet vir ons bid tot jou God die Here, bid vir ons wat nog lewe. Ons was baie mense, maar jy kan sien ons is nou min.

3. Jou God die Here moet vir ons sê waarnatoe ons moet gaan en wat ons moet doen.”

4. Die profeet Jeremia het vir hulle gesê: “Ek het gehoor wat julle vra. Goed, ek sal dit vra vir julle God die Here en ek sal vir julle alles sê wat die Here vir julle antwoord, ek sal alles sê wat Hy sê.”

5. Húlle antwoord toe vir Jeremia en sê: “Die Here moet die getuie wees. Hy hoor wat ons sê, en Hy sal doen wat Hy sê. As Hy jou na ons toe stuur en ons doen nie alles wat Hy sê nie, dan moet Hy ons straf.

15-16. Dit is wat julle sê, maar dan moet julle nou luister na wat die Here vir julle sê wat oorgebly het van die mense van Juda. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle was bang vir oorlog. As julle vas besluit het om na Egipte te gaan en om daar vreemdelinge te wees, dan sal die oorlog daar in die land Egipte na julle toe kom. En julle is bekommerd dat julle honger sal wees, maar die honger sal daar altyd by julle wees.

Jeremia 42