11. Die Here sê:“Ja, Ek is by julle om julle te red.Ek sal al die volke laat verdwyn,al die volke na wie toe Ek julle gejaag het,maar vir julle sal Ek nie laat verdwyn nie.Ek sal julle straf, Ek moet dit doen,Ek kan nie sê julle is onskuldig nie.”
12. Ja, die Here sê:“Julle seerplekke word nie gesond nie,julle sal miskien daarvan sterf.
13. Almal sê julle is skuldig,niemand help julle nie,julle seerplekke word nie gesond nie.
14. Almal wat lief was vir julle,het vir julle vergeet,hulle soek julle nie.Want Ek het julle geslaan soos ’n vyand,Ek het julle wreed gestrafomdat julle so baie verkeerde dingegedoen het,omdat julle sondes so baie is.