15. Ek sal vir julle leiers gee, mense wat is soos Ek graag wil hê hulle moet wees. Hulle sal My ken en hulle sal regeer soos Ek wil hê.
16. Wanneer julle in daardie tyd meer word in die land en baie kinders kry, dan sal niemand meer praat oor die verbondskis van die Here nie. Niemand sal daaraan dink nie, niemand sal vra waar dit is nie, niemand sal ’n ander kis wil maak nie.
17. In daardie tyd sal die mense Jerusalem noem ‘Die troon van die Here,’ en al die volke sal bymekaarkom daar waar die Here is, in Jerusalem. Hulle sal nie meer hardkoppig wees nie, hulle sal nie doen wat hulle sondige harte vir hulle sê nie.
18. In daardie tyd sal die volk Juda saam met die volk Israel kom uit die land ver in die noorde. Hulle sal kom na die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het.”
19. Die Here sê:“Ek wou julle aanneem en julle my kinders maak.Ek wou vir julle ’n pragtige land geewat mooier is as die mooiste lande van ander volke.Ek het gedink julle sal vir My sê: ‘U is ons Vader,’Ek het gedink julle sal nie weggaan van My nie.
20. Maar, nageslag van Israel, julle was ontrou aan Mysoos ’n vrou wat ontrou is aan haar man.”Dit het die Here gesê.
21. Hy het gesê:“Ek het gehoor hoe die mense van Israel gehuil hetop die heuwels waar nie bome is nie.Hulle het gebid en gevra dat Ek moet luister,want hulle het verkeerd gedoen,hulle het hulle God die Here vergeet.
22. Kinders wat My verraai het,julle moet terugkom.Ek sal julle gesond maaksodat julle My nie weer verraai nie.”Die mense van Israel sê: “Hier is ons,ons kom na U toe, want U is ons God die Here!
23. Ons was baie besig om afgode te dien op die berge,maar dit het ons niks gehelp nie.Nee, dit is net ons God die Herewat vir Israel kan red.
24. Baäl, die god wat nie kan help nie,het van die begin af ons voorvadersse koring-oeste gevat,en ook hulle skape en bokke,hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.
25. Ons is baie skaam, elke dag en nag,want ons het sonde gedoenteen ons God die Here,ons en ons voorvaders,van die begin af tot nou toe.Ons was nie gehoorsaamaan ons God die Here nie.”