Jeremia 2:13-27 Bybel vir Almal (ABA)

13. Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen.Ek wou vir hulle die water gee wat hulle sal laat lewe,maar hulle het My nie meer gedien nieen hulle het vir hulleself watergate uitgekap,gate wat nie water kon hou nie.

14. Is die mense van Israel slawe?Is hulle slawe se kinders?Hoekom het mense hulle weggevatuit hulle stad?

15. Die vyande van die Israeliete wassoos leeus wat brul.Hulle het die mense weggevat uit die land,hulle het die stede verwoes, daar het niemand oorgebly nie.

16. Mense van Juda, die soldateuit die stede Nof en Tagpanges in Egiptesal ook alles wegvat uit julle land.

17. Dit sal gebeur, want julle het verkeerd gedoen.Julle God die Here het julle gelei op julle pad,maar julle het Hom gelos.

18. Julle wil nou in Egipte gaan water drinkuit die Sigor-rivierof in Assirië uit die Eufraat-rivier,julle wil vra dat daardie mense julle moet help,maar hulle sal julle nie help nie.

19. Julle het verkeerd gedoen,julle was opstandig teen My,daarom sal Ek julle straf.Julle sal weet en sien hoe sleg en bitter dit isnadat julle My, julle God die Here, gelos heten My nie meer respekteer en dien nie.”Dit het die Here gesê, die Here wat oor alles regeer.

20. Hy sê:“Ja, julle was nog altyd soos beestewat hulle jukke breeken hulle stroppe stukkend ruk en sê:‘Ons wil nie vir ons eienaar werk nie.’Julle het afgode gedien op elke hoë heuwelen onder elke groen boom.

21. Ek het julle self geplant,julle was goeie wingerdstokke.Maar kyk nou hoe het julle verander!Julle het wilde wingerdstokke gewordwat slegte druiwe dra.

22. Julle kan julle was met die sterkste seep,met baie seep,maar Ek sal nog altyd sien dat julle sondejulle vuil gemaak het.”Dit sê die Here, Hy wat Here is.

23. “Julle sê julle het julleself nie onrein gemaak nie,julle sê julle het nie met die Baälssaamgegaan nie.Maar kyk wat het julle gedoenin die Hinnom-vallei.Julle het gemaak soos ’n jong kameel-koeiwat by ’n bul wil kom.Sy loop heen en weer,

24. sy hardloop in die woestyn inen ruik waar ’n bul is,niemand kan haar keer nie.’n Bul wat haar soek, kry haar maklikwanneer dit vir haar die regte tyd isom by ’n bul te kom.

25. Julle loop ver om die afgode te soek,julle loop totdat julle skoene stukkend is.Julle word dors op die pad na hulle toe,maar julle sê: ‘Dit maak nie saak nie,ons is lief vir die gode van ander volkeen ons sal saam met hulle gaan.’

26. Wanneer ’n dief gevang word,dan weet hy nie wat om te doen nie.So sal dit ook gaan met die volk Israelen met hulle konings, hulle amptenare,hulle priesters en hulle profete.

27. Hulle is mense wat vir ’n stuk houtof vir ’n klip sê:‘Jy is my pa, ek is jou kind.’Ja, hulle het hulle rug na My toe gedraai,nie hulle gesig nie.Maar wanneer dit sleg gaan met hulle,dan sê hulle: ‘Kom red ons!’

Jeremia 2