4. Al die volke van die aarde sal skrik wanneer hulle sien wat met julle gebeur. Ek sal dit doen oor wat Manasse, seun van koning Hiskia van Juda, gedoen het.
5. “ ‘Mense van Jerusalem,niemand sal jammer wees vir julle nie,niemand sal bekommerd wees oor julle nie,niemand sal afgaan van sy paden kom vra hoe dit met julle gaan nie.
6. Julle het My gelos en weggegaan.Daarom het Ek my hand uitgesteeken julle plat geslaan,Ek wil nie meer jammer wees vir julle nie.
7. Ek het my volk soos kaflaat wegwaai van die dorsvloereby die poorte van die stede.Ek het my volk se kinders weggevaten hulle laat sterf.Maar my volk het nie hulle lewe verander nie.
8. Ek het hulle weduwees meer gemaakas die sand van die see,Ek het in die middel van die dagmense laat kom wat die ma’s van jongmanneaangeval het.Hulle het skielik geskrik en bang geword.