Hosea 8:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gesê:“Julle moet die ramshoring blaasen die mense waarsku,want die vyande kom.Hulle is soos arendewat bokant die tempelvlieg en draai.Dit gebeur omdatdie mense van Israeldie verbond met My breek.Hulle wil nie luister na My nie.

2. Hulle roep en sê vir My:‘U is ons God.Ons is u volk Israel,ons is naby U.’

3. Maar hulle het opgehouom goed te doen.Daarom sal die vyandehulle aanval.

4. “Hulle het koningsen amptenare gekiesen aangestel,maar hulle het nie vir My gevrawie hulle moet aanstel nie.Hulle het beelde gemaakvan goud en silwer.Daarom sal die vyandehulle doodmaak.

Hosea 8