Hosea 2:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gesê:“Julle ma is Israel.Julle moet vir julle ma sêsy het verkeerd gedoen,want sy is nie meer my vrou nie,en Ek is nie meer haar man nie.Sy moet ophouom ontrou te weesen om egbreuk te pleeg.

2. As sy nie ophouom dit te doen nie,dan sal Ek al haar klere uittrek,dan sal sy so kaal weessoos toe sy gebore is.Ek sal haar maaksoos ’n woestynwaar nie water is nie.Sy sal sterf,want sy sal nie water hêom te drink nie.

3. Ek sal ook nievir haar kinders goed wees nie,want hulle is ontrou kinders.

4. Hulle ma was ontrou,sy het slegte dinge gedoen,sy het gesê:‘Ek is lief vir my gode,ek sal hulle dien.Hulle gee vir my brood en water,wol en vlas, olyf-olie en wyn.’

Hosea 2