10. Die Here sê:“Ek, julle God die Here,het julle gekentoe julle nog in Egipte was.Ek sal julle weer in tentelaat woonsoos daardie tydtoe julle in die woestyn was.
11. Ek het met die profete gepraat,Ek het vir hulle gewyswat sal gebeur.Ek sal hulle nou stuurom so te praatdat die mense hullenie kan verstaan nie.
12. “Die mense van die land Gileadis sleg en hulle beteken niks.Hulle offer bullein die stad Gilgal,maar Ek sal hulle altare afbreek,en die klippe van die altaresal op mekaar lêlangs die koringlande.
13. “Jakob het gevlugna die land van die Arameërs.Hy het daar gaan werkom ’n vrou te kry.Hy het skape opgepasom ’n vrou te kry.
14. Die Here het ’n profeet gestuurom die Israelieteuit Egipte te bring,’n profeet het hulle opgepas.
15. “Maar die mense van Efraimhet die Here baie kwaad gemaak.Hulle het baie mense doodgemaak,en hulle Here sal hulle straf.”