Hebreërs 6:2-15 Bybel vir Almal (ABA)

2. of wanneer ons vir mense leer hoe om mense te was om hulle rein te maak, of wanneer ons vir mense leer hoe om die hande op iemand te sit, of wanneer ons vir mense leer dat God die mense wat gesterf het, weer sal laat lewe, en dat Hy sal oordeel oor die mense, dat Hy die mense wat verkeerd gedoen het, vir altyd sal straf.

3. Ons sal grootmense in die geloof word, as God dit wil hê.

7. Want wanneer grond baie reën kry en die reën sak diep in die grond, dan groei daar plante in die grond, en die mense wat in die grond werk, kan dit gebruik. Dan seën God die grond.

8. Maar as daar dorings en onkruid groei, dan beteken dit niks, en dan is die tyd naby wanneer God dit sal vervloek. Aan die einde sal vuur die grond en alles daarop verwoes.

9. My vriende, dit is waar dat ons nou al hierdie dinge gesê het, maar ons is baie seker dat dit baie beter gaan met julle en dat God julle sal red.

10. Want God doen nie verkeerd nie, Hy sal nie die dinge vergeet wat julle gedoen het nie, en Hy sal nie vergeet hoe lief julle vir Hom was en hoe julle vir die gelowiges gesorg het en nou nog sorg nie.

11. Maar ons wil baie graag hê dat elkeen van julle altyd hard moet probeer om tot die einde te wys dat julle baie seker is van die dinge wat julle weet en hoop.

12. Julle moet dit doen, julle moenie lui wees in die geloof nie, julle moet doen soos die mense wat gekry het wat God belowe het. Hulle het dit gekry omdat hulle in God geglo het en omdat hulle geduldig gewag het.

13. Daar is niemand wat belangriker is as God nie. Toe Hy vir Abraham ’n belofte gemaak het, het God nie gesê dat iemand sy getuie is nie. God was sy eie getuie toe Hy vir Abraham belowe het

14. en gesê het: “So seker soos Ek lewe, Ek sal jou baie seën, Ek sal jou nageslag baie maak.”

15. En so het Abraham geduldig gewag vir die dinge wat God belowe het, en daarna het die dinge met hom gebeur wat God belowe het.

Hebreërs 6