Handelinge 3:3-7 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die man het vir Petrus en Johannes gesien toe hulle by die tempel wou ingaan, en hy het vir hulle geld gevra.

4. Petrus en Johannes het reguit na hom gekyk. Toe sê Petrus: “Kyk na ons.”

5. Die man het na hulle gekyk en hy het gehoop dat hulle iets vir hom sal gee.

6. Toe sê Petrus: “Ek het nie geld nie, maar ek gee vir jou wat ek het. Jesus Christus van Nasaret het my gestuur. Daarom mag ek sy Naam sê en vir jou sê: Staan op en loop.”

7. Toe neem Petrus die man se regter-hand en hy help hom om op te staan. Die man se voete en enkels het dadelik sterk geword

Handelinge 3