Handelinge 28:28-31 Bybel vir Almal (ABA)

28. “Daarom moet julle weet dat God sy boodskap na die heidene toe gestuur het, die boodskap dat Hy mense wil red. En hulle sal die boodskap glo.”

30. Paulus het twee jaar lank gewoon in die huis wat hy gehuur het. Almal wat hom wou besoek, het na hom toe gekom.

31. Hy het vir hulle gepreek en hy het gesê dat God Koning is. Hy het ook vir hulle geleer van die Here Jesus Christus. Hy was nie bang om dit te doen nie, en niemand het hom gekeer nie.

Handelinge 28