21. Die Jode in Rome het vir Paulus gesê: “Die Jode in Judea het nie vir ons briewe geskryf oor jou nie. En niemand van hulle het hier by ons aangekom en slegte dinge gesê van jou nie.
22. Maar ons wil graag hoor wat jy dink, want ons weet hierdie groep mense glo in Jesus, maar die mense sê oral dat die groep verkeerde dinge glo.”
23. Hulle het toe besluit op watter dag hulle weer na Paulus toe sal kom. Op daardie dag het baie Jode na Paulus se huis gekom. Hy het die hele dag met hulle gepraat. Hy het baie ernstig met hulle gepraat en hy het vir hulle gesê dat God Koning is. Hy het ook uit die Wette van Moses en die boeke van die profete gelees en hy het vir hulle gesê dat hulle in Jesus moet glo.