Handelinge 2:43-45 Bybel vir Almal (ABA)

43. Toe die ander Jode die wonderwerke en die tekens sien wat God die apostels laat doen het, het hulle almal besef dat dit God is wat dit laat gebeur.

44. Al die gelowiges was bymekaar, en hulle goed het aan hulle almal behoort.

45. Hulle het hulle grond en huise en goed verkoop en hulle het die geld gegee vir mense wat min gehad het.

Handelinge 2