1. Terwyl Apollos in die stad Korinte was, het Paulus deur ander plekke in die provinsie Asië gegaan en hy het in die stad Efese gekom. Daar het hy ’n paar gelowiges gekry
2. en hy het vir hulle gevra: “Het die Heilige Gees in julle gekom toe julle in Jesus begin glo het?”Hulle antwoord toe vir Paulus: “Nee, ons het nie die Heilige Gees gekry nie en ons het ook nog nie gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie.”