Handelinge 18:12-16 Bybel vir Almal (ABA)

12. Toe Gallio goewerneur van die provinsie Agaje was, het die Jode almal saam besluit om Paulus aan te val en hom na die hof te vat.

13. Die Jode het gesê: “Hierdie man, Paulus, probeer hard om vir die mense te leer dat hulle vir God moet dien op ’n manier wat teen die Wette van Moses is.”

14. Toe Paulus wou begin praat, het Gallio vir die Jode gesê: “Jode, ek praat met julle. Ek sou geduldig gewees het met julle as hierdie man ’n verkeerde of ’n baie slegte ding gedoen het.

15. Maar julle stry met mekaar oor woorde en name en oor julle eie wette, daarom moet julle self daaroor besluit. Ék wil nie ’n regter wees om oor hierdie dinge te besluit nie.”

16. Gallio het hulle toe uit die hof gejaag.

Handelinge 18