1. Daar was ’n man in die hawestad Sesarea. Sy naam was Kornelius. Hy was ’n offisier van ’n groep Italiaanse soldate.
2. Hy en almal in sy huis het God gedien en gerespekteer. Hy het baie goeie dinge gedoen om die arm mense in die Joodse volk te help, en hy het elke dag tot God gebid.