8. Hulle perde is vinnigeras jagluiperdsen wilder as honger wolwe.Hulle soldate kom op hulle perdevan ver plekke.Hulle kom so vinnig soos aasvoëlswat afduik om te kom vreet.
9. Hulle almal kom oorlog maak,hulle jaag reguit vorentoe.Hulle vang baie mense,so baie soos sandkorrels.
10. Hulle spot met koningsen met mense wat regeer.Hulle kom maklik in ’n stad in,want hulle gooi grondteen die sterk mureen klim dan bo-oor die mure.
11. Dan gaan hulle weg,hulle gaan verder soos die windwat verby waai.Hulle dink hulle kan doenwat hulle wil omdat hulle sterk is.”
12. Habakuk het gesê:“Here, U was nog altyd God.U is my God,U is my heilige God.Ons sal nie sterf nie.Here, U is die Rotswat ons beskerm,maar U het die Galdeërs gekiesom ons te strafen U het hulle sterk gemaak.
13. Ek weet U wil nie siendat mense sonde doen nie.U wil nie kyk hoe menseverkeerd doen nie.U hou niks daarvan dat menseander mense laat swaarkry nie.Hoekom sien Uwat die Galdeërs doen,maar U doen niks?Hulle is slegte mense.Hoekom bly U stil wanneer hullemense doodmaakwat beter is as hulle?