Habakuk 1:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. Habakuk het gesê:“Here, U was nog altyd God.U is my God,U is my heilige God.Ons sal nie sterf nie.Here, U is die Rotswat ons beskerm,maar U het die Galdeërs gekiesom ons te strafen U het hulle sterk gemaak.

13. Ek weet U wil nie siendat mense sonde doen nie.U wil nie kyk hoe menseverkeerd doen nie.U hou niks daarvan dat menseander mense laat swaarkry nie.Hoekom sien Uwat die Galdeërs doen,maar U doen niks?Hulle is slegte mense.Hoekom bly U stil wanneer hullemense doodmaakwat beter is as hulle?

14. Die mense het nie leiers gehad nie,U het hulle gemaaksoos die visse in die seeen soos die klein diertjieswat op die aarde kruip.

15. Die Galdeërs vang die mensesoos ’n mens visse vangmet ’n hoek of in ’n net,en dan is hulle bly en hulle juig.

16. Hulle bring dan offersen hulle brand wierookvir hulle nette,want die nette help hulleom ryk te word en lekker te eet.

17. Here, is dit regas die Galdeërs aanhouom mense dood te maak?Is dit reg as hulle nie jammer isvir die mense nie?”

Habakuk 1