3. Die water het minder en minder geword en weggesak. Na 150 dae het die water baie vlakker geword.
4. Op die sewentiende dag van die sewende maand het die ark op die Ararat-berge gaan lê.
5. Die water het nog minder en minder geword, en op die eerste dag van die tiende maand kon die mense in die ark die boonste punte van die berge sien.
6. Ná nog 40 dae het Noag die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het.
7. Hy het ’n kraai laat uitvlieg. Maar die kraai het aangehou vlieg totdat die water opgedroog het.
8. Toe het Noag ’n duif laat uitvlieg om uit te vind of die water weggevloei het van die grond af.