Genesis 40:21-23 Bybel vir Almal (ABA)

21. Hy het die hoof van die skinkers weer aangestel om sy skinker te wees, sodat hy weer die wyn kon skink in die farao se beker en dit vir hom kon gee,

22. maar hy het die hoof van die bakkers laat ophang, soos Josef vir hulle gesê het.

23. Die hoof van die skinkers het nie toe aan Josef gedink nie, hy het vergeet van hom.

Genesis 40