Genesis 36:21-30 Bybel vir Almal (ABA)

21. Dison, Eser en Disan. Hulle was die leiers van die Goritiese families en van die nageslag van Seïr in Edom.

22. Lotan se seuns was Gori en Hemam, en Lotan se suster was Timna.

23. Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.

24. Sibon se seuns was Aja en Ana. Ana het sy pa Sibon se donkies in die woestyn opgepas, en in daardie tyd het hy fonteine met warm water in die woestyn gekry.

25. Ana se seun was Dison en Oholibama was haar dogter.

26. Disan se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

27. Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Akan.

28. Disan se seuns was Us en Aran.

29. Die leiers van die Goritiese families was Lotan, Sobal, Sibon, Ana,

30. Dison, Eser en Disan. Hulle was almal leiers van Goritiese families in Seïr.

Genesis 36