Genesis 35:19-21 Bybel vir Almal (ABA)

19. Ragel het gesterf en hulle het haar begrawe langs die pad na Efrata. Efrata se ander naam is Betlehem.

20. Jakob het ’n gedenksteen op haar graf gesit. Dit is die gedenksteen wat vandag nog op Ragel se graf is.

21. Jakob het toe verder getrek en hy het sy tente anderkant die stad Migdal-Eder opgeslaan.

Genesis 35