Genesis 34:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dina was Jakob en Lea se dogter. Sy het gaan kuier by die ander meisies wat daar naby gewoon het.

2. Sigem was die seun van die Hewiet Gamor wat oor daardie deel van die land regeer het. Sigem het vir Dina gesien en hy het haar gegryp en verkrag.

3. Sigem het toe verlief geraak op Dina, Jakob se dogter, en hy het dit vir haar gesê.

4. Sigem het vir sy pa Gamor gesê: “Sê vir hierdie meisie se ouers dat ek met haar wil trou, ek wil haar hê.”

Genesis 34