Isak het vir Esau gesê: “Ek het klaar gesê Jakob sal jou hoof wees. Jakob se hele familie sal hom dien. Ek het hom geseën, en hy sal altyd baie koring en wyn hê. My seun, wat is daar nog wat ek vir jou kan gee?”