1. Isak was al baie oud. Hy kon nie meer sien nie. Hy roep toe sy oudste seun Esau en hy sê vir hom: “My seun.”En Esau sê: “Hier is ek.”
2. Toe sê Isak: “Ek is baie oud, en ek weet nie hoe lank ek nog sal lewe nie.
3. Neem asseblief jou pyl en boog en gaan skiet vir my ’n wildsbok in die veld.
4. Maak dit dan vir my lekker gaar soos ek daarvan hou en bring dit vir my. Ek wil dit eet en dan wil ek jou seën voordat ek sterf.”
5. Rebekka het gehoor wat Isak vir sy seun Esau sê. Toe Esau na die veld gegaan het om ’n bok te gaan skiet,
6. sê Rebekka vir haar seun Jakob: “Ek het gehoor jou pa praat met jou broer. Hy het vir Esau gesê
7. dat hy ’n bok moet gaan skiet en dat hy dit vir hom moet gaarmaak. Jou pa wil dit eet en dan wil hy vir Esau seën voordat hy sterf.
8. My seun, luister nou mooi na my en doen wat ek vir jou sê.