7. Die Here het aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek gee hierdie land vir jou nageslag.”Abram het daar ’n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.
8. Abram het van daar verder getrek na die berg oos van die stad Bet-El, en hy het sy tente daar opgeslaan. Bet-El was wes van hulle, en die stad Ai was oos. Abram het daar ’n altaar vir die Here gebou. Hy het die Here aanbid.
9. Later het Abram verder getrek na die Suid-land toe.
10. In daardie tyd was daar hongersnood in die land. Abram het na Egipte gegaan om daar te gaan woon, want daar was baie min kos in sy eie land.