30. Mordegai het die briewe gestuur na al die Judeërs in die 127 provinsies van koning Ahasveros. Hy het geskryf dat hy wil hê hulle moet veilig wees en vrede hê.
31. Hy het ook gesê dat die Judeërs hierdie twee dae van die Purimfees op die regte tyd moet vier soos hy en koningin Ester besluit het en soos die Judeërs self besluit het. Hy het gesê dat hulle nageslag dit ook moet doen. Mordegai het ook geskryf hoe die Judeërs moet vas en rou.
32. Ester het besluit hoe hulle die Purimfees moet vier, en hulle het dit geskryf in ’n boek.