10. Die koning het sy seël afgehaal en hy het dit vir Haman seun van Hammedata gegee. Haman was van die nageslag van Agag en hy was die vyand van die Judeërs.
11. Die koning het vir Haman gesê: “Jy mag die silwer hou, en jy mag met daardie volk doen wat jy wil.”
12. Haman het die koning se sekretarisse laat roep op die dertiende dag van die eerste maand. Hy het gesê hulle moet briewe skryf vir die hoof-amptenare van die koning en vir die goewerneurs van elke provinsie en vir die amptenare van elke volk. Hulle het die briewe geskryf en hulle het die skrif van elke provinsie en die taal van elke volk gebruik. Hulle het geskryf wat Haman gesê het. Hulle het geskryf dat die briewe van koning Ahasveros kom en hulle het die seël van die koning op die briewe gesit.
13. Vinnige boodskappers het die briewe geneem na elke provinsie van die koning. In die briewe was geskryf dat die mense al die Judeërs moet doodmaak, al die jongmense en die oumense, al die kinders en die vroue. Die koning het ook gesê dat die mense al die Judeërs se goed moet vat. Dit moes gebeur op een dag, op die dertiende dag van die twaalfde maand, dit is die maand Adar.
14. Die koning het dit besluit en dit moes ’n wet word in elke provinsie. Al die mense moes daarvan weet, sodat hulle gereed kon wees op daardie dag.