1. Later het koning Ahasveros vir Haman seun van Hammedata ’n belangrike man gemaak. Haman was van die nageslag van Agag. Die koning het vir Haman ’n belangrike amptenaar gemaak, sy stoel het hoër gestaan as die ander amptenare se stoele.
2. Die koning het gesê al die amptenare in die paleis moet voor Haman buig en hulle moet op die grond gaan lê voor hom. Maar Mordegai het dit nie gedoen nie.