Ons wil hê dat die koning moet weet dat ons na die provinsie Juda gegaan het. Ons het daar ’n groot tempel gesien. Hulle bou die tempel se mure van groot klip en hout. Hulle doen die werk goed en hulle doen dit vinnig.