Maar ons voorvaders het die God van die hemel kwaad gemaak, en toe het Hy die Galdeër, koning Nebukadnesar van Babel, laat wen teen hulle. Nebukadnesar het hierdie tempel verwoes en hy het die mense gevang en weggevat na die land Babel.