Esra 3:11-13 Bybel vir Almal (ABA)

11. Hulle het begin om die Here te prys en vir Hom dankie te sê,“want Hy is goed,ja, Hy doen altyd vir Israelwat Hy gesê het.”Al die mense het hard begin skree en hulle het die Here geprys omdat hulle die fondamente van die tempel kon bou.

12. Toe die ouer priesters en Leviete en familiehoofde wat die eerste tempel geken het, sien dat hulle die fondamente van hierdie tempel bou, het hulle hard gehuil. Baie van die ander mense was so bly dat hulle aangehou het om hard te skree.

13. Hulle het so hard geskree dat mense nie kon hoor dat party mense huil nie. Mense wat ver weg was, kon hoor hoe hulle skree.

Esra 3