15. Buite sal daar oorlog wees,in die huise sal daar pes en honger wees.Mense wat in die veld is,sal sterf in die oorlog.Mense wat in die stad is,sal sterf van die pesen van honger.
16. Die mense wat na die berge vlugen vry wegkom,sal almal sit en kla soos die duiwein die valleie,elkeen sal kla oor wat hyverkeerd gedoen het.
17. Hulle hande sal slap hang,niemand sal iets kan doen nie,hulle water sal teen hulle knieë afloop,want hulle sal baie bang wees.
18. Hulle sal rouklere aantreken hulle koppe kaal skeer,hulle sal so bang wees dat hulleniks kan doen nie.
19. Hulle sal hulle silwer weggooiop die paaie,hulle goud sal vir hulleniks beteken nie,hulle silwer en hulle goudsal hulle nie kan redwanneer die Here kwaad isen vir hulle straf nie.Hulle sal dit nie kan eetsodat hulle nie meer honger is nie.Dit is die silwer en die goudwat hulle sonde laat doen het.
20. Hulle het hoogmoedig gewordoor die tempel wat so mooi was,en hulle het beelde daarin gesit,lelike beelde wat Ek haat.Daarom sê Ek die tempel is onrein.
21. Ek sal die tempel geevir mense uit ander lande.Hulle sal vat wat hulle wil hê,die slegte mense van die aardesal die goed vat en hulle saldie tempel ontwy.
22. Ek sal maak of Ek hulle nie sien nie,en hulle sal my kosbare tempel ontwy,wilde mense sal in die tempel komen hulle sal dit ontwy.