1. Ek het gehoor die Here sê vir my:
2. “En jy, mens, jy moet luister na wat Ek sê oor die land Israel. Ek, die Here wat Here is, sê:“Die einde kom, die einde van die hele land.
3. Die einde is nou hier vir julle almal in die land,want Ek is baie kwaad vir julle.Ek sal julle straf oor die dingewat julle gedoen het,Ek haat die dinge wat julle gedoen het,Ek sal julle straf.
4. Ek sal julle nie vergewe nieen Ek sal nie jammer wees vir julle nie.Ja, Ek sal julle strafoor wat julle gedoen het,oor die dinge wat Ek haat,en julle sal weet dat Ek die Here is.”
5. Die Here, Hy wat Here is, sê:“Dit sal sleg gaan, baie sleg.Dit sal nou gebeur.
6. Dit is die einde wat kom.Die einde kom!Dit begin nou kom oor julle!Kyk, dit is klaar hier!
7. Die slegste dinge sal gebeurmet julle wat in die land woon,die tyd het gekom, die dag is naby!Niemand op die berge sal weetwat om te doen nie,en niemand sal skreeomdat hy bly is nie.
8. Ek is baie kwaad vir julleen Ek sal julle nou straf.Ek sal julle straf oor wat jullegedoen het,oor die slegte dinge wat julle gedoen het,dinge wat Ek haat.
9. Ek sal julle nie vergewe nieen Ek sal nie jammer wees vir julle nie.Ek sal julle straf oor wat julle gedoen het,oor die dinge wat Ek haat,julle sal weet dit is Ek, die Here,wat julle straf.
10. Die dag is hier, dit het gekom.Die slegste dinge sal gebeur.Die mense wat regeer,word nog meer wreed,hulle is hoogmoedig.
11. Hulle het slegte dinge gedoenaan menseen hulle het sleg regeer.Hulle het gesê niemand mag klaoor hulle nie.Daar sal niks oorbly van hulle almal nie,niks van alles wat hulle gesê het nie.
12. Die tyd het gekom, die dag is hier.Mense wat koop, moenie bly wees nie,en mense wat verkoop,moenie jammer wees nie,want die Here sal hulle almal straf.