Esegiël 5:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het slegter dinge gedoen as die volke wat rondom julle is, julle het nie gelewe soos Ek gesê het nie en julle het nie gedoen wat Ek wil hê nie. Julle het slegter gelewe as die volke rondom julle.

8. Daarom sê Ek, die Here: Julle moet dit weet, Ek is nou julle vyand, ja, Ek self. Ek wil regter wees in die stad en Ek wil julle oordeel waar die ander volke dit kan sien.

9. Ek wil iets met julle doen wat Ek nog nie voorheen gedoen het nie en wat Ek nie weer sal doen nie. Ek wil dit doen omdat julle so baie slegte dinge gedoen het.

10. Daarom, pa’s sal hulle kinders eet in die stad, en kinders sal hulle pa’s eet. Ek sal die mense in die stad straf wat skuldig is en Ek sal die mense wat dan nog lewe, na al die kante toe jaag.”

11. Die Here, Hy wat Here is, sê: “So seker soos Ek lewe, Ek sal julle minder maak, Ek sal julle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir julle nie, want julle het my tempel onrein gemaak omdat julle daar baie lelike dinge gedoen het, baie slegte dinge.

Esegiël 5