Esegiël 48:1-7-8 Bybel vir Almal (ABA)

1-7. “Elke stam moet ’n stuk grond in die land kry. Die grond wat hulle moet kry, is by die noordekant, langs die grens wat gaan van die stad Getlon verby die stede Lebo-Hamat en Gasar-Enan, tot by die noordgrens tussen die land Damaskus en die land Hamat. Elke stam se grond is tussen die oostekant en die see. Hier is die name van die stamme wat by die noordekant hulle grond kry, van noord na suid: Dan, Aser, Naftali, Manasse, Efraim, Ruben en Juda.

8. “Die grond wat julle vir die Here moet gee, moet langs die grond van Juda wees, van oos na wes. Dit moet 25 000 el breed wees en so lank soos die stukke grond van die stamme. Die gewyde plek moet in die middel van hierdie grond wees.

23-27. “Die grond wat die stamme van Benjamin, Simeon, Issaskar, Sebulon en Gad kry, is suid van die gewyde grond en die regeerder se grond. Die grond is van die oostekant tot by die westekant.

Esegiël 48