Esegiël 38:15-19 Bybel vir Almal (ABA)

15. en dan sal jy uit jou woonplek kom, jy sal ver uit die noorde kom. Jy sal kom saam met die mense van baie volke. Dit is manne op perde, dit is ’n baie groot leër, baie soldate.

16. Jy sal kom en jy sal my volk Israel aanval, julle sal wees soos ’n wolk wat die land toemaak. Dit sal gebeur wanneer dit die regte tyd is. Ek sal jou laat kom om my land aan te val, sodat die ander volke sal weet wie Ek is, hulle sal sien Ek gebruik jou om te wys dat Ek die heilige God is.”

17. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Gog, Ek het lank gelede oor jóú gepraat toe Ek my dienaars, die profete van Israel, gestuur het. Hulle het in daardie tyd my boodskap gebring en gesê dat jy my volk sal aanval.

18. Daardie dag, wanneer Gog in die land Israel kom, sal Ek baie kwaad word.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

19. “Ek is baie lief vir my volk, Ek sal kwaad word wanneer jy hulle aanval. Ek sê dit nou: Daardie dag sal daar ’n groot aardbewing kom in die land Israel.

Esegiël 38