1. Ek het gehoor die Here sê vir my:
2. “Mens, jy moet jou gesig na die land Edom draai en jy moet my boodskap teen hulle bring.
3. Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Seïr-berg, Ek is jou vyand. Ek sal my hand teen jou uitsteek en Ek sal jou verwoes sodat niemand op jou kan woon nie.
4. Ek sal jou stede hope klippe laat word, en jy sal ’n plek word waar niemand kan woon nie. Jy sal weet dat Ek die Here is.